Interessante inligting oor paddas, vang, identifiseer en vrylaat van paddas.

WAT IS PADDANAG?

Paddanag word gereël deur Dr Elrika Senekal-van der Berg, ‘n padda liefhebber. Paddanag skep ‘n geleentheid waar kinders en grootmense meer kan leer oor Paddas van Suid Afrika en spesifiek ook meer oor paddas wat jy in jou agterplaas kan vind. 

‘n Insigewende praatjie word aangebied deur Mnr Willie Landman spesialis in Herpetologie verbonde aan die Universiteit van Potchefstroom, waarna “jagters” die spruit ingaan op ‘n paddavang-ekspedisie. Mnr Landman sal ook beskikbaar wees om paddas te identifiseer.

 GROOT pret vir klein en groot. 

Dit vind slegs een keer per jaar plaas.

Geen paddas mag verwyder word vanaf die perseel nie en moet weer losgelaat word na identifikasie.

SATERDAG - 7 DESEMBER 2024

Busse vertrek 17h00 vanaf Menlyn Mall en Kolonnade Sentrum

"Self-Drive" opsie ook beskikbaar hek maak 17h00 oop

KINDERS KAN NIE NET AFGELAAI WORD NIE, OUERS MOET TEENWOORDIG WEES.

Paddanag is vir die hele gesin, en elke ouer neem verantwoordlikheid vir sy/haar eie kinders. Kinders kan ongelukkig nie net afgelaai word sonder ouer toesig nie. ‘n Vrywaaring moet voor die tyd geteken word en met aankoms oorhandig word. 

PARKEER VEILIG EN RY BUS

In samewerking met P Bier Busdienste kan “Padda-jagters” veilig parkeer by Menlyn Mall of Kolonnade Sentrum en saam met die bus ry. 

Daar is selfs plek vir jou piekniekmantjie en kampstoel.  

Busse vertrek om 17h00 by winkel sentrum en vertrek weer 21h30 vanaf Krokodilspruit. 

NOODSAAKLIK

  • Wellingtons of Waterskoene
  • Koplampie
  • Muskietweerder
  • Ouertoesig

Noodsaaklikhede is ook beskikbaar aanlyn en kan saam kaartjies gekoop word, en kan afgehaal word by Paddanag. 

(Ongelukkig is ouertoesig nie te koop nie, as dit joune is pas jy hul op :)) 

ANDER INLIGTING

  • Bring Kampstoele
  • Pak ‘n piekniekmandjie 
  • Gas Braai ook welkom
  • Kontantsnoepie beskikbaar
  • Kinder Vriendelik
  • Wapens Welkom – maar mag nie gevuur word nie!

KOSTE

Jagters en nie-jagters 0 - 2 jaar gratis, 3-106 jaar betaal almal dieselfde prys.

BUS

R200.00 per persoon

Sluit in busvervoer vanaf Menlyn of Kolonnade na Krokodilspruit en terug, asook jou ingang by Paddanag.

SELF-DRIVE

R105.00 per persoon

Slegs jou ingang by Paddanag. Sorg self vir vervoer na Krokodilspruit Skietbaan. 

Almal geniet die Paddavang, soms die ouers meer as die kinders. 

Gaan lees hier oor Paddanag 2023

Resensie deur Step Out Gauteng

Resensie deur die REKORD